Ladies en Laaities Kleuterskool

  • 10696196_534830576649725_4377662883715949601_n
  • IMG_0341
  • 10641071_534824599983656_2474705452727581067_n
  • 13412979_846807838785329_6981631837262492302_n

Place Category: Daycare

Profile
Profile
Photos
Map
Related Listing
  • Meer as net ‘n Kleuterskool

    Ons Strewe:

    Ladies en Laaities Kleuterskool en Dagsorgsentrum streef daarna om jou
    te help met die versorging en leiding van jou kleuters deur die vroeë
    stadium van hul lewens reis.

    Met liefde, sorg en passie vir kinders, bied ons ‘n veilige
    omgewing, waar u kind met selfvertroue kan ontwikkel tot sy / haar
    volle potensiaal deur deelname aan opvoedkundige speletjies, sport
    aktiwiteite en spesiale stimulerende programme.

    Ladies en Laaities Kleuterskool
    Ons Belofte:

    Die personeel en bestuur van Ladies en Laaities Kleuterskool en
    Dagsorg verbind hulle tot:

    • ’n Omgewing waarin kleuters tot volle potentiaal kan ontwikkel;
    • Gelukkige kleuters wat kan leer, speel en fantaseer, soos net
    kinders kan doen;
    • Behoud en ontwikkeling van die individualiteit van die kind;
    • ’n Skoon, veilige en praktiese omgewing;
    • Tweetalige hoë standaard onderrig (Afrikaans & Engels);
    • Handhawing van Christelike norme en waardes;
    • Gebalanseerde etes (Ontbyt, middagete & versnapperinge);
    • Goeie en openlike skool en ouer verhoudings.  Ladies en Laaities
    Kleuterskool

    Leerplan:

    Gebaseer op die Nasionale Kurrikulum Verklaring met die Christelike
    leer as basis. Die emosionele-, kognitiewe-, motoriese- en konatiewe
    aspekte van die kind word progressief ontwikkel. In Graad RR fokus
    Ladies en Laaities veral op Ontluikende Lees en Skryf, asook die
    aanleer van Basiese Wiskundige Vaardighede en die Ontwikkeling van
    Kreatiwiteit. Vir Graad R beveel ons aan dat ons kinders oorgeplaas
    moet word na Bellville Noord Laerskool waar hulle gereed gemaak word
    vir akademiese ontwikkeling in die daaropvolde jaar. Alle ander
    leerareas word geïntegreerd aangebied. Reeds vanaf hierdie ouderdom
    word leerders georiënteer om leiers te wees wat eerder sal beïnvloed
    as om beïnvloed te word.

    By Ladies en Laaities glo ons onwrikbaar dat die akademiese
    ontwikkeling van leerders vanaf twee tot vyf jaar ons
    spesialiseringsgebied is. Die Vygotsky-beginsel waar leerders net
    bokant hulle vuurmaakplek gestimuleer word, word toegepas.

    Die skool se opvoedingsfilosofie word weerspieël in die aanbieding
    van die dagprogram.

    Emosionele stabiliteit is ʼn voorvereiste vir leer.

  • No Records Found

    Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.

    Google Map Not Loaded

    Sorry, unable to load Google Maps API.